Subscribe by Email

Nobelfiasko ‘n klad op SA naam

dalai lama1

Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid sê die opskorting van die 14de Beraad van Nobel Vredesprysontvangers sal nie beleggersvertroue bevorder nie.

Die Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille het die beraad gister opgeskort nadat verskeie voormalige ontvangers van die Vredesprys hulle aan die beraad onttrek het nadat die Tibettaanse geestelike leier die Dalai Lama nie ‘n visum kon kry om Suid-Afrika te besoek nie.

De Lille sê dit is teleurstellend dat die beraad nie langer in die stad gehou sal word nie. Sy het die regering van president Jacob Zuma gestriem en sê “die regering se optrede het oudpresident Nelson Mandela se natatenskap in oneer gebring.”

De Lille sê die regering het sy morele kompas verloor en sal enigiets doen om die Chinese regering ter wille te wees.

Oud pres. FW de Klerk het gesê Suid-Afrika is nie meer die baken van hoop vir ‘n wêreld wat op soek is na geregtigheid, versoening, integriteit en ‘n beginselvaste rergering nie.

Die Dalai Lama het gister in Dharamsala, Indië, die Suid Afrikaanse sy medevrespryswenners gedank vir hul veldtog namens hom.

Een van die stede wat belang stel om die beraad aan te bied, is Rome, waar dit die eerste sewe keer gehou is.

De Lille së “Kaapstad is ‘n groot geleentheid kwyt as gevolg van die nasionale regering.  Ons is ook ‘n ekonomiese geleentheid van sowat R 60 miljoen kwyt.”