Subscribe by Email

Nkandla – Zuma van blaam onthef

 

nkandla

Die parlementêre portefeuljekommittee, wat net uit ANC lede bestaan, het Dinsdag versoek dat pres. Jacob Zuma van enige oortreding in die omstrede Nkandla-sage vrygespreek sal word. ANC-LP Mathole Motshekga het gister gesê “Om voor te stel dat Pres. Zuma enige terugbetalking moet maak is myns insiens absurd”.

Die LPs het gesê Pres. Zuma is nie onbehoorlik bevoordeel deur die luukshede by sy huis in KwaZulu-Natal nie omdat hy nie vir die sogenaamde veiligheidsopgraderings gevra het nie.

“Wat baie duidelik is, is dat die president nie enigiets versoek het nie en die president het nie enige geld ontvang nie,” het ANC-LP Mmamoloko Kubayi gesê.

Opposisiepartye het verlede week uit die ad hoc-komitee oor Nkandla onttrek nadat die regerende party nie die Openbare Beskermer se bevinding, dat Zuma ʼn gedeelte van die projek moet terugbetaal, wou afdwing nie.

Senior ANC-LP Mathole Motshekga het Dinsdagoggend weer daarop gesinspeel dat daar na die beleid gekyk sal moet word om die Openbare Beskermer se magte te wysig.  He het gesê so ‘n verslag “moet eers deur ons oorweeg word voordat die outeurs nakoming van staatinstellings begin eis”.

Madonsela het gister in Pretoria aan verslaggewers gesê dat sy nou die Nkandla-saak in die hande van die “parlement, die howe en Suid-Afrika laat”.

Die ad hocpkomitee het Dinsdag gesê die verslag word 9 Oktober ten tyde sy volgende sitting bespreek.