Subscribe by Email

Nizaam ontvang eerbewyse

Nizaam Carr

Nizaam Carr, die 23-jarige agterman van die WP beoog op Springbok-kleure nadat hy vandeesweek eerbewyse ontvang het vir sy puik spel.

Hy het ook sy slag as oopkantflank in die Super-reeks gewys en is as die Speler se Speler van die Jaar en die borg adidas se Waardevolste Speler aangewys.

Dit het gevolg op die uitnodiging wat hy onlangs gekry het om saam met die Bokke te oefen in die aanloop to hul wedstryd teen die Wallabies op Nuweland in die Rugby-kampioenskap.

“Ek het ‘n lekker proesel gekry en is nou uiters honger om meer te ervaar.” Het Carr oor sy Groen-en-goue drome gesê.

“Om saam met die Bokke te oefen, was ongelooflik.  Afrigter Heyneke Meyer het positiewe dinge te sê gehad wat vir my ‘n goeie teken is.”

As Frans Louw nie sy fiksheid herwin nie kan hy dalk as losvoorspeler oorweeg word.

Carr het gesê die erkenning van sy spanmaats is veral vir hom spesiaal.  “Hulle trek dikwels my siel uit, maar ek weet dat my spanmaats tog vir my lief is en daarvan hou om my in die groep te hê.”

Hy het ook gesê “my spanmaats en die afrigtingspan het die weg gebaan en hulled eel eintlik die toekenning met hom saam.”