Subscribe by Email

Nico Rosberg wen

nico1Die Duitser Nico Rosberg het weer die voortou geneem op die Formule Een-punteleer toe hy die grand prix in Singapoer gewen het. Hy is nou ag punte voor sy Mercedes-spanmaat, Lewis Hamilton van Brittanje, wat derde was na die Australiër Daniel Ricciardo van Red Bull. Dit was die 22ste wedren-oorwinning van Rosberg se loopbaan.