Subscribe by Email

Net siek mense verkrag – CDP

“Presies hoe siek moet iemand wees om ‘n bejaarde vrou van 94 te verkrag?”

So vra die Christen-Demokratiese Party (CDP) se woordvoerder, Linda Pretorius in reaksie op ‘n reeks verkragtings van bejaardes in KwaZulu-Natal.

“Hierdie verkragting is deur nog verskeie verkragtings van bejaardes in dieselfde omgewing gevolg. Dit is wel nie ‘n rekord vir ouderdom nie – enkele jare gelede is ‘n oumatjie van 103 in Qwaqwa ook verkrag – maar dit versterk die opvatting dat daar baie siek mense rondloop.

“Om alles te kroon, word selfs babas ook nie ontsien nie.

“Die CDP doen opnuut ‘n beroep op leiers en meningsvormers om die boodskap duidelik oor te dra dat verkragting nie net ‘n misdaad is nie, maar ‘n euwel. Suid-Afrika moet alles in sy vermoë doen om die reputasie as die wêreld se ‘voorste’ verkragtingsland mee afstand te doen.”