Subscribe by Email

Neef van Zuma word betrek by die sogenaamde Panama-skandaal

140524Khulubuse-jpgPresident Jacob Zuma se neef, Khulubuse, word verbind met Caprikat Beperk wat een van twee aflandige maatskappye is wat ‘n omstrede multimiljard-randse olietransaksie in die Demokratiese Republiek van die Kongo bekom het. ‘n Ondersoek is intussen aan die gang om die mense te vind wat betrokke was by die uitlek van elf miljoen vertroulike dokumente van die ander maatskappy, die Panamese regsfirma Mossack Fonseca. Dit onthul verdoemende inligting, insluitend hoe die firma kliënte gehelp het met geldwassery en belasting-ontduiking. Die firma se direkteur, Ramon Fonseca, beskryf die uitlek van die dokumente as ‘n internasionale veldtog teen privaatheid.