Subscribe by Email

Nederlandse minister gryp in oor geel minirokkies situasie in SA. 2 Meisies op borgtog

Fifa verteenwoordiger verwyder geel minirokkies uit stadion

Twee Nederlandse meisies wat die geel Bavaria minirokkies by ’n Fifa wedstryd gedra het, is intussen gearresteer deur die Suid-Afrikaanse polisie en het gister in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van hinderlaagbemarking.

Mirte Nieuwpoort en Barbara Castelein is elk op R 10 000 borg vrygelaat en moet weer op 22 Junie in die hof verskyn. Hulle paspoorte moes ook ingehandig word en hulle mag nie vir tydelike paspoorte aansoek doen, as deel van die borgtog voorwaardes.

Die Nederlandse minister van buitelandse sake, Maxime Verhagen, is geskok oor hierdie behandeling teen Nederlandse burgers in SA en hy het Peter Goosen, die Nederlandse Ambassadeur in Den Haag oor hierdie voorval persoonlik gebel. Verhagen sê dat die inhegtenisneming van die twee meisies is verregaande en uit verhouding. Hy sê dat as Fifa en Suid-Afrika ’n maatskappy wil aanvat oor hinderlaagbemarking, moet hulle ’n regsgeding begin teen daardie maatskappy en nie teen twee gewone landsburgers wat geel rokkies dra nie.

Die twee meisies se regskostes en borgtog gelde word betaal deur Bavaria.

Kolonel Vishnu Naidoo sê die inhegtenisneming van die twee meisies volg op ’n ondersoek waarin 36 meisies hierdie geel minirokkies gedra het tydens ’n Fifa byeenkoms. Die meisies was aangehou deur Fifa en die polisie soos vroër berig, vir langer as drie ure en ondervra. Dit is nie duidelik hoekom net twee van hulle in hegtenis geneem was en nie al 36 nie. Die ander 34 meisies was Suid-Afrikaners.

Robe de Vos, die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, sê dat die ambassade die polisie gevra het vir ’n verduideliking oor die inhegtenisneming van die twee Nederlandse meisies. Die ambassade ondersoek die moontlikheid om sekuriteit te verskaf vir die twee meisies, sodat hulle veilig kan wees van Fifa en die Suid-Afrikaanse polisie.

Saul Kgomotso Molobi, ’n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge, sê dat die teen-hinderlaagbemarkingswetgewing ingestel is in Suid-Afrika spesifiek om Fifa se intellektuele eiendom te beskerm en dat Nederland en sokkertoeriste Suid-Afrika se wette moet gehoorsaam omdat Suid-Afrika ’n soewereine land is.

4 Responses to Nederlandse minister gryp in oor geel minirokkies situasie in SA. 2 Meisies op borgtog

  1. Hein

    Julie 4, 2010 at 6:50 pm

    Die arrestasie het Bavaria op die kaart geplaas – en de Hollanders hebben overwonnen!!!!!

  2. Kuifie

    Junie 22, 2010 at 10:19 am

    ‘n Landros in Johannesburg het die aanklag teen twee Nederlandse “Bavariavroue” wat die oranje rokkies gedra het… gekanselleer. ‘n Woordvoerder van die regbank het vanmôre gesê die aanklag is op las van die staat gekanselleer.

  3. Kuifie

    Junie 18, 2010 at 10:38 am

    Die Nederlandse politiek reageer baie kwaad op die harde aanpak van die promosiemeisies in bavariarokkies op ‘n Suid Afrikaanse sokkerstadion..
    ’n Meerderheid van die Nederlandse politieke partye VVD, CDA, PvDA, PVV laat weet Nederland gaan aan die stryd van FIFA vir die Belgiese-Nederlandse kandidatuur vir die WK sokker van 2018, nie meer meedoen nie.

  4. Kuifie

    Junie 17, 2010 at 7:54 pm

    Mense, met bier is baie geld te maak.
    Die Amerikaanse bier Budweiser is ’n WB-borg en “Bavaria” word dus as ’n mededinger van “Budweiser” beskou. As jy weet dat die Amerikaanse bier Budweiser die eiedom is van die Belgiese “Inbev” maatskappy wat die grootste bierbroumaatskappy in die wêreld is, en as jy weet dat Bavaria ‘n klein Hollandse biermaatskappytjie is wat ook wat bier in die res van die wêreld probeer verkoop, en as jy dan weet dat Belgie en Holland buurlande is en die soort bier wat hulle drink nie die selfde kwaliteit het nie ( word so gese ) en dat die groot maatskappy meer bier verkoop dan die ander een, kan ons maar praat van ‘n grootskaalse bieroorlog. Bierbrou is in Belgie so iets as vleisbraai in SA, jy lol nie met die ding nie…. Die Belgiese Inbev is een van die WB se hoofborge en ek is seker hulle het FIFA die laatste jare baie bier leer drink., want vroër het FIFA altyd wyn gedrink..

    Ag shame die woord Bavaria verskyn so piepklein op die rokkies. Wat maak dit eintlik saak, dis …laat die rokkies waai…wat tel.