Subscribe by Email

Nederland kry eerste koning in 123 jaar

Op 30 April abdikeer Koningin Beatrix van Nederland en sal sy deur haar seun, Willem Alexander opgevolg word. Hy sal die eerste manlike vors in 123 jaar wees.

Koningin Beatrix, wat Woensdag 75 jaar oud word, het 33 jaar gelede die troon bestyg toe haar moeder, koningin Juliana, ook geabdikeer het.

Beatrix is as ‘n hardwerkende monarg beskou, en haar uittrede is al ‘n geruime tyd verwag.

Verskeie ander faktore speel ook ‘n rol in haar besluit om te abdikeer. Die politiek in Nederland het, voorlopig altans, taamlik gestabiliseer, en die nuwe vors sal dus nie sommer in die diep kant ingegooi word nie.

Sy sal daarna meer gereeld Londen kan besoek waar haar ander seun, Friso, sedert ‘n ski-ongeluk in ‘n koma lê.

Wille Alexander word as gewilde opvolger beskou, en ook sy Argentyns-gebore vrou, Maxima, is baie gewild.

Foto: Die kroonprins, sy eggenote Maxima en dogters Amalia, Ariana, and Alexia