Subscribe by Email

Navo neem twee grensposte van Kosovo oor na geweld

Die geweld by Kosovo se grensposte met Serwië waartydens Serwiese nasionaliste ‘n grenspos met ‘n brandbom afgebrand het en ‘n Kosovaarse polisieman gedood het, het daartoe gelei dat die grensposte deur Navo oorgeneem is, berig die Berliner Unschau.
Reuter het vroeër oor die gebeure verslag gedoen.
Kosovo, met ‘n 90 persent Albanese meerderheid, meestal Moslems, het in 2008 eensydig onafhanklikheid verklaar. Die onafhanklikheid is later deur die Internasionale Geregshof in Den Haag erken, asook deur meer as 70 lande, die VSA ingesluit.
Serwië erken egter nie die onafhanklikheid nie. Sowat tien persent van Kosovo se bevolking is Serwies, en die Serwiërs beskou Kosovo as die bakermat vir die ontstaan van die Christen-Ortodokse geloof.
Hoewel Serwië nie Kosovo se onafhanklikheid erken nie, is tog pogings aangewend om betrekkinge te verbeter. Serwië het egter doenabeperkings ingestel, en dit is toe Kosovo as weerwraak Serwiese invoere verhinder, dat die geweld losgebars het.
Herman Toerien