Subscribe by Email

Natuurrampe in 2011 kos aarde meer as tevore

Natuurrampe verlede jaar het die wêreld twee derdes meer skade veroorsaak as die vorige rekord in 2005, toe die orkaan Katrina haar woede oor die VSA losgelaat het.

Verlede jaar se skade van ten minste $380 miljard (R2 871 miljard) is veral deur die aardbewing en tsunami in Japan en die aardbewing by Christchurch in Nieu-Seeland veroorsaak, aldus ‘n verslag van die VN wat pas bekend gemaak is. Die oorstromings in Thailand het ook ‘n stewige bydrae tot verlede jaar se rekord gelewer.

Die verslag meld dat beter waarskuwingstelsels wel ‘n afname in sterftes veroorsaak, maar die dat skade moeilike is om te beperk.

Die VN beveel aan dat lande se ontwikkelingsplanne ook voorsiening moet maak vir rampsituasies soos waar klimaatverandering meer storms veroorsaak, aardbewings en ander natuurrampe.

In 2010 was daar ‘n totaal van 20 aardbewings wêreldwyd van magnitude 7 of meer, waaronder die verwoestende aardbewing van 8 .8 in Chili, en die een van 7 wat dood en verwoesting in Haiti gesaai het. Die was die hoogste aantal groot aardbewings in ‘n hele aantal jare.
Verlede jaar het 19 aardbewings van magnitude 7 of meer voorgekom waaronder die bielie van Japan van magnitude 9.
Vanjaar was daar tot dusver nog net twee aardbewings van 7 of meer.