Subscribe by Email

Nagemaakte selfmoord-bomgordel

Cyprus-hijacker-wearing-suicide-vestOndersoekers in Ciprus het bevestig dat die man wat gister ‘n vliegtuig van die Egiptiese lugdiens gekaap het, ‘n nagemaakte selfmoord-bomgordel gedra het. Die Airbus A320 is gekaap op ‘n vlug van Alexandria na die Egiptiese hoofstad, Kaïro, met 64 mense aan boord en gedwing om in Ciprus te land. Die owerhede sê die kaper, Seif Eldin Mustafa, is sielkundig onbestendig. Hy is in hegtenis geneem en word ondervra. Al die passassiers en bemanningslede is ongedeerd.