Subscribe by Email

Nadal terug op wenpad

nadalDie Spanjaard Rafael Nadal, wat lank beskou is as die Koning van die Kleibaan, hoop om sy goeie spelpeil van die afgelope week voort te sit in sy tuistoernooi, die Barcelona Ope. Hy het gister die Monte Carlo-meesterstoernooi in Monaco die negende keer gewen toe hy die Fransman Gael Monfils in die eindstryd verslaan het. Rafa het al ag keer in Barcelona gewen en hoop om dié week die Argentyn Guillermo Vilas se rekord van 49 kleibaantitels te ewenaar.