Subscribe by Email

Na die Springbokgroep opgeroep

adriDie Haaie-stut Lourens Adriaanse na die Springbokgroep opgeroep is in die plek van Trevor Nyakane, wat aan die eerste twee Kampioenskapstoetse moes onttrek weens ‘n enkelbesering. Adriaanse sal vanmiddag in Johannesburg by die nasionale groep aansluit wat begin saamkom het om voor te berei vir die toets teen Argentinië in Mbombela, Mpumalanga, die twintigste van die maand. Hy het sy enigste toets vir Suid-Afrika in November 2013 in Parys teen Frankryk gespeel.