Subscribe by Email

N2 by Kaapstad Lughawe as hoë risiko area gemerk

Die polisie het bekendgemaak dat hulle die deel van die N2 pad naby die Kaapstadse internasionale lughawe, as ’n hoë risiko area wil merk (klassifiseer), as gevolg van die hoë misdaad op motoriste wat daar voorkom.

Hierdie deel van die pad gaan gebruik word deur talle internasionale sokkerondersteuners wat vanaf die lughawe na die stadion en terug gaan reis en kommer oor hulle veiligheid is huidig die grootste prioriteit. Die Metropolisie gaan hulle patrollies op die pad begin vermeerder en opskerp.

Dit volg op twee voorvalle hierdie week, waar ’n polisieman met messe aangeval was toe sy voertuig onklaar geraak het Maandag en hy moes stilhou, asook, ’n vrou wat op die pad stilgehou het beroof was. Hierdie voorvalle het voorgekom tussen die Borcherds Quarry pad en die afdraai na die lughawe, op die N2. Die aanvallers het in beide gevalle vanuit die Crossroads area gekom en weer daar verdwyn.

Voorheen, het daar ook gereeld klipgooiery na motoriste op hierdie deel van die N2 voorgekom.