Subscribe by Email

‘n Politieke ontleder wonder waar al die Nkandla-geld heen is

689802‘n Politieke ontleder sê die Tesourie se bepaling dat president Jacob Zuma 7,8 miljoen Rand moet terugbetaal van die staatsgeld wat aan Nkandla bestee is, klink na die regte bedrag. Die Grondwerhof het gister die Tesourie se verslag aanvaar, wat beteken dat Zuma nege weke het om die  geld te betaal. Professor Willie Breytenbach van die Universiteit Stellenbosch het egter nog ‘n paar vrae oor die saak:

Die Presidensie sê intussen vrae oor hoe Zuma die betaling gaan bekostig, is onvanpas. Sy jaarlikse salaris is 2,8 miljoen Rand. eNCA berig ook dat die ANC sê Zuma sal betaal soos hy in hofstukke onderneem het.