Subscribe by Email

‘n Politieke kommentator sê die land kan nog dramatiese gebeure verwag

Justice+Malala+xgold+2012Die politieke kommentator Justice Malala sê daar is ‘n enorme stryd aan die gang vir die hart en siel van die ANC. Malala beskryf president Jacob Zuma se groep as die “Dis-ons-beurt-om-te-eet-faksie” wat die sogenaamde premierliga en die jeug- en vroueliga insluit. Tydens sy toespraak by ‘n sakeontbyt in Kaapstad het Malala gesê daar sal tot minstens die einde van volgende jaar spanning wees en dramatiese gebeure kan verwag word omdat diegene wat teen die Zuma-groep gekant is, hulle sal aanvat. Hy sê Zuma sal nog ‘n hele tyd lank ‘n faktor wees.

Malala het bygevoeg dat Nkosazana Dlamini-Zuma ‘n groot voorsprong het op Cyril Ramaphosa in die wedloop om by Zuma oor te neem. Hy sê baie mense reken dis tyd om ‘n vrou as president te kies en sy is die ideale tussenganger tussen die twee hoof faksies in die ANC. Volgens Malala sal sy ‘n verbasend goeie president wees, maar die tenderpreneur-aktiwiteite sal voortgaan.