Subscribe by Email

‘n Nuwe vars beeld van die NG Kerk

Die Kuratorium van die NG Kerk aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie, het onlangs ‘n vars en nuwe aanslag ten opsigte van hul bewusmaking en bemarking aan hoërskoolleerders ingeneem. Met hierdie nuwe bemarkingsfokus is daar verskeie “roadshows” aangepak om jongmense reg oor die Sinodalegebied van meer inligting te voorsien, asook ‘n nuwe vars beeld van die NG Kerk en Fakulteit te bied. Die eerste been van die “roadshow” het die afgelope naweek in George en Oudtshoorn afgeskop en is reeds baie gewild onder die leerders.

Die #bemorebechange-span was by ‘n hele aantal skole en kerke in die gemeenskap en is ten spyte van druk eksamenskedules hartlik verwelkom. Die “roadshow” het bestaan uit twee dele, naamlik ‘n videovertoning, en ‘n mini-drama uit die pen van bekende verhoogakstrise en vermaaklikheidskunstenaar, Lizz Meiring.

Die doel van die besoek is om leerders aan die verskeidenheid opsies vir teologiese studies by die fakulteit bekend te stel. Verder het die #bemorebechange-span ook ten doel om die stereotipes rakende teologie af te breek en daardeur ‘n nuwe vars blik op die dinamiek van die NG Kerk te skep.

Die #bemorebechange-span is dit eens: “’n Nuwe generasie etiese leiers en dominees is besig om die lig te sien en ons brand om deel te wees van #bemorebechange wat hierdie beweging in werking stel.”

Die span sal volgende in Wellington, Worcester, Strand, Somerset-Wes, Durbanville en Brackenfell te sien wees.

Om meer uit te vind oor die #bemorebechange-beweging, om die span se doen en late te volg, of om net saam te gesels, besoek gerus die volgende sosiale media-platforms. Sou jy wou hê die produksie moet jou skool, kerk of jeugbediening kom besoek, kontak die vervaardiger, André Pentz, op pentzandre@gmail.com of 0825651467.

Facebook: https://www.facebook.com/bemorebechange/
Twitter: @bemorebechange

Foto 3: #bemorebechange span lede (Voor: Corlia Hattingh, Agter: Gerhard Meyer, André Pentz, Mardi Strydom) en RUAG leier, Adriaan van Tonder

One Response to ‘n Nuwe vars beeld van die NG Kerk

  1. Louis

    November 6, 2016 at 11:34 am

    Vergeet die foefies. Etiek het weinig met die Evangelie te doen. Praat eerder oor die invloed van redding en vervulling met die Heilige Gees,en wat dit beteken vir jong mense onder stres.