Subscribe by Email

‘n Miljoen Rand se dwelms op bus gevind

‘ndrug bust

Een-en-twintig jarige vrou is in Plettenbergbaai in die Suid-Kaap met onwettige dwelms ter waarde van meer as een miljoen rand in hegtenis geneem.

Die vrou het per bus van KwaZulu-Natal na Kaapstad gereis toe dit tydens ‘n roetine padblokkade deur die polisie voorgekeer is.

‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie sê mandrax en kokaïene is in die vrou se bagasie gekry.

Sy sal binnekort in die hof verskyn.