Subscribe by Email

‘n kolhou op Augusta vir Suid-Afrika se Gary Player

5705fab7c461889b1d8b45be (1)die Suid-Afrikaanse gholf-maestro Gary Player is een van nege spelers wat ‘n kolhou behaal het tydens ‘n voortoernooi vir die Amerikaanse Meesters, wat vandag op Augusta in Georgia begin. Die tagtigjarige Player, wat die Meesters in 1978 die derde keer gewen het, het die prestasie op die sewende putjie vermag en daarna sy kleinseun en kleindogter omhels wat saam met hom gestap het. Dit was die 31-ste kolhou van sy beroepsloopbaan. Die sogenaamde syfer 3-toernooi fokus op familie-deelname.