Subscribe by Email

‘n Gewese Kaapse bendeleier verskyn in die hof

3545096938Die gewese leier van die Kaapse bende Hard Livings, Rashied Staggie, en drie ander verdagtes gaan na verwagting vandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die polisie se Valke-eenheid het hulle verlede week op die N2 in die stad voorgekeer en vuurwapens en verskeie houers duur whiskey en sigare in beslag geneem. Staggie is ‘n paar jaar gelede op parool vrygelaat nadat hy tien jaar tronkstraf uitgedien het vir ‘n verkragting in 2003. Die polisie het nie bevestig dat hy een van die verdagtes is nie, maar verwys net na ‘n bekende gewese gevangene en bendeleier van die Kaapse Vlakte.