Subscribe by Email

‘n Bloedbevlekte wêreldbeker toegangskaartjie vir “Christen honde” in SA

Die Liverpool vleuel, Dirk Kuyt

Britse teen-terrorisme amptenare ondersoek nuwe Al Qaeda dreigemente om die eerste wêreldbeker wedstryd tussen Engeland en die VSA op te blaas. Hierdie nuwe dreigemente was blykbaar gemaak op ’n geheime webtuiste wat deur Al Qaeda gebruik word, in Arabies.

Ekstremiste het ’n wêreldbeker kaartjie wat met bloed bevlek is asook ’n kaart van Suid-Afrika waarop verskeie stede omkring is, op die webtuiste vertoon, berig Express.co.uk.

Engeland se eerste wedstryd teen die VSA wat op 12 Junie plaasvind, word beskou as veral broos vir so ’n aanval, aangesien beide nasies gehaat word deur militante ekstremiste.

Teks op die webtuiste dreig onder andere as volg: “Aan die Christen honde in Suid-Afrika. Dit blyk dat julle nie jul steur daaraan wanneer ons sê dat julle bloed gaan vloei tydens die wêreldbeker nie”.

Die Liverpool vleuel, Dirk Kuyt het gese hy is baie bang om in Suid-Afrika te kom speel.  “Sommige steur hulle nie aan die dreigemente nie, maar ek tel dit op en is vreesbevange daaroor. Ek kan maar net my hoop vestig daarop dat die sekuriteitsmaatreëls voldoende is” sê hy.

Intussen poog beide MI6 en MI5 agentskappe om enige Al Qaeda aktiwiteite in SA op te spoor.

One Response to ‘n Bloedbevlekte wêreldbeker toegangskaartjie vir “Christen honde” in SA

  1. Kuifie

    Junie 3, 2010 at 8:58 pm

    Dirk Kuyt speel nie vir Engeland nie, Dirk Kuyt is ‘n Hollander hy speel vir die nasionale Nederlandse sokkerspan. Hy speel professioneel vir Liverpool en is ‘n baie duur sokkerspeler om te betaal en ‘n duur een om te koop.