Subscribe by Email

‘n Bleek toekoms vir mielieboere in die Oos-Kaap

droughtDie Oos-Kaapse regering sê byna al die mielies wat boere in die provinsie met die hulp van die departement Landelike Ontwikkeling en Landbou aangeplant het, gaan waarskynlik niks oplewer nie. Op die uMnga-vlakte by Ugie het boere in November sowat 440 hektaar beplant en niks daarvan het opgekom nie. Provinsiale minister Mlibo Qoboshiyane het die omgewing onlangs besoek en sê sy departement voorsien voer en reënwater-tenks, asook die dienste van kenners om boorgate en windmeulens weer aan die gang te kry in die uitgerekte droogte.