Subscribe by Email

N-12 Oos gesluit na gru-ongeluk

Alberton crash

Die N-12 Oos by Alberton in Gauteng is steeds gesluit ná Dinsdagoggend se gru-ongeluk waarin twee mense dood is.

Ongeveer 50 motors was in dié ongeluk wat om 8:30 plaasgevind het betrokke.

Die nooddienspersoneel het die getal beseerdes afwaarts aangepas en sê sewentien mense is beseer onder wie drie ernstig.

Die ongeluk het gebeur toe ‘n petroltenkwa beheer verloor en teen verskeie voertuie gebots het.

Volgens ‘n verklaring van ER-24 het die vragmotorbestuurder gesê sy remme het ingegee.

Twee vragmotors en 45 motors was volgens die woordvoerder van Netcare 911, Santi Steinman in die botsing betrokke.

Volgens berigte het ses mense ernstige beserings opgedoen maar is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal.  Agt motoriste wat in die ongeluk betrokke was het ligte beserings opgedoen.

Die N-12 Oos sal gesluit wees todat die toneel opgeruim is.