Subscribe by Email

“Musiek vir die agtergrond” maak geskiedenis in Indië

Musiek vir die agtergrond

‘n Suid-Afrikaanse rolprent, “Musiek vir die Agtergrond” maak geskiedenis by die jaarlikse rolprentfees in Moembai in Indië as die eerste Afrikaanse rolprent by dié geleentheid.

Die rolprent-organisasie Screen-Africa sê die skrywer en vervaardiger van die rolprent, Sallas de Jager is uitgenooi om aan die rolprentfees deel te neem, ná die rolprent wye lof ingeoes het met sy vrystelling in Australië en Nieu-Seeland.

Die enigste ander Suid-Afrikaanse rolprent wat nog by die Indiese rolprentfees vertoon is, was Darrell Roodt se “Yesterday” in 2004.