Subscribe by Email

Muishondvriende

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het sy teleurstelling uitgespreek dat Suid-Afrika in die VN-Veiligheidsraad buite stemming gebly het in ‘n mosie wat die skending van menseregte en die staking van geweld in Sirië vra.

“Die skynbare entoesiasme waarmee Suid-Afrika menseregteskendings in lande soos Mianmar, Zimbabwe, Venezuela, Ghaddafi se Libië, Kuba en China\ steun, moet noodwendig ‘n donker skadu werp oor die ANC se verbintenis teenoor menseregte – veral teen die konteks van voortdurende kritiek op die status va die grondwet en bepalings in die Handves van menseregte, soos die besitreg van eiendom,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Boonop kom die jongste kleitrappery teen die agtergrond waar die aandag van die hele wêreld op Suid-Afrika was oor die visumkwessie van die Dalai Lama.

“As Suid-Afrika in sy buitelandse beleid lojaliteit aan vriende wil toon, doen ons aan die hand dat die ANC sy vriende beter begin kies. Meng jou met die semels ….”

One Response to Muishondvriende

  1. Theo Prinse

    Oktober 6, 2011 at 10:44 am

    Die weste moet die reg op selfbeskikking van die Koerden in Sírië ondersteun