Subscribe by Email

Moslembroederskap in Egipte dreig om verkiesing te boikot

Die Moslembroederskap in Egipte, asook ‘n aantal van die ander partye wat aan die komende Egiptiese verkiesing sou deelneem, dreig nou om die verkiesing te boikot.

Dié partye het die militêre bewindhebbers wat die land sedert die val van pres. Hosni Mubarak regeer, voor ‘n ultimatum gestel om teen Sondag tot wysigings tot die kieswet in te stem. Onder die eise tel dat kandidate wat hulle tydens die Mubarakbewind verryk het, gediskwalifiseer word.

Intussen berig die Israelse pers dat die Egiptiese weermag vir die dood van drie Palestyne verantwoordelik is na die Egiptenare ‘n Palestynse smokkeltonnel met rioolwater oorstroom het.

Herman Toerien