Subscribe by Email

Moorde in SA agt keer meer as wêreld gemiddeld, -Pieter Mulder

Pieter Mulder: Foto - SAPA

Die hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika het die drome en aspirasies van sy inwoners wat hulle gekoester het na die 1994 verkiesing vernietig, het die Vryheidsfront plus gister gesê tydens Vryheidsdag vieringe.

“Vanaf 1994, is meer as 300 000 mense in Suid=Afrika vermoor” het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront plus, gister in Potchefstroom gese. “Dit is ’n gemiddeld van 60 mense per dag. Die wêreld gemiddeld is 5 mense per 100 000, maar in SA is dit 38 per 100 000. Dit is agt keer meer as die wêreld gemiddeld.”

Mulder het gesê dat Suid-Afrika is vandag meer ras-verdeeld as enige ander tyd vanaf 1994. Hy sê “rassisme is maklike politiek”. Volgens Mulder is die moeilike deel van politiek, waarby almal moet uitkom, om ’n plek te vind vir almal in die son en ’n wen-wen situasie te skep. Om dit reg te kry, moet daar slim leiers wees aan albei kante van die politieke spektrum.