Subscribe by Email

Moordbeskuldigde Henri van Breda terug in die hof

henriDie moordbeskuldigde Henri van Breda sal na verwagting vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad verskyn. Van Breda, wat tans uit is op borgtog van 100-duisend Rand, het na bewering in Januarie verlede jaar sy ouers, Martin en Theresa van Breda, en sy ouer broer Rudi by hulle huis in Stellenbosch vermoor. Sy suster Marli het die aanval oorleef, maar is ernstig beseer. Hy staar drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en nog van dwarsboming van die gereg in die gesig.