Subscribe by Email

Moontlikheid bestaan dat die departement van justisie kan appelleer

janusDie minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, sê daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat die departement gaan appelleer teen die besluit om Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, op parool vry te laat. Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Walus se paroolaansoek gister goedgekeur en hy sal na verwagting binne 14 dae uit die tronk vrygelaat word. Masutha het aan eNCA gesê hy is bekommerd dat die besluit nie in ooreenstemming is met die prosesse wat bestaan waarvolgens parool toegeken word nie. Volgens die prosesse is die herstel van slagoffers die belangrikste oorweging wanneer ‘n besluit geneem word.