Subscribe by Email

Moody’s sê daar bestaan ‘n groot moontlikheid dat Suid-Afrika afgradeer kan word

A screen displays Moody's ticker information as traders work on the floor of the New York Stock Exchange January 20, 2015. REUTERS/Brendan McDermid

Die graderingsagentskap, Moody’s, sê politieke binnegevegte, swak herstel in ekonomiese groei en druk op die fiskale front is van die redes waarom Suid-Afrika afgradeer kan word. Moody’s plaas die land se soewereine kredietgradering twee vlakke bo rommelstatus. Die agentskap sê finansiële onderprestasie en die swak bestuur van staatsbeheerde instellings het nie ongesiens by beleggers verby gegaan nie. Moody’s en twee ander graderings-agentskappe sal na verwagting hulle volgende besluit oor die land se kredietgradering in Desember aankondig.