Subscribe by Email

Moeder Teresa word tot heilige verklaar

mother-teresaTienduisende mense het die heiligverklaring-seremonie vir Moeder Teresa op die St Petrus-plein in die Vatikaan in Rome bygewoon. Dertien staats- en regeringshoofde was ook by die plegtigheid. Moeder Teresa, wat môre neëntien jaar gelede op 87-jarige ouderdom oorlede is, het ‘n susterskap tot stand gebring wat neëntien tehuise bedryf het, en het in 1979 die Nobelprys vir Vrede gewen. Die Vatikaan beskryf haar lewe as kenmerkend van onselfsugtige toewyding en heiligheid.