Subscribe by Email

Misdaadsyfers lyk beter, maar steeds onaanvaarbaar hoog.

AfriForum het die feit dat die jongste misdaadstatistiek ‘n daling in misdaad toon, verwelkom as ‘n stap in die regte rigting, maar ook gemaan dat misdaadsyfers steeds op onaanvaarbaar hoë vlakke staan.

Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, het sy kommer uitgespreek dat huisrooftogte weer toegeneem het.  “’n Mens se woning is die plek waar jy en jou gesin die veiligste behoort te voel,” het Kelder gesê.

Kelder het verder ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om betrokke te raak in hulle plaaslike gemeenskapsveiligheidstrukture om sodoende ‘n rol te speel om die hoeveelheid huisrowe in gemeenskappe te help verminder.