Subscribe by Email

Misdaad Kelder 2010 Wereld-Beker Syfers!

Die buitensporige misdaad in Suid Afrika, asook die gewelds-vlakke daarvan, ontmoedig blykbaar buitelandse besoekers om na Suid-Afrika te reis vir die 2010 Wereld Beker.

Van die aanvanklike 450 000 buitelandse besoekers wat die organiseerders vir WB 2010 verwag het, het slegs 150 000 in hierdie stadium kaartjies vir die toernooi gekoop. Dit blyk dat negatiewe berigte oor misdaad en buitensporige reispryse die twee grootste afskrikmiddels is, volgens Mnr. Pule Selepe, koördineerder: WB 2010-lugvaarttaakspan in die departement van vervoer.

Me. Lusanda Madikizela, koördineerder: WB 2010-padvervoer-taakspan in dié departement, het bygevoeg dat Suid-Afrika as langafstandbestemming net te duur blyk te wees. “Mense gaan kaartjies koop van byvoorbeeld $1000 (sowat R7 630) en dan boonop $15 000 (sowat R114 450) tot $20 000 (sowat R152 600) bestee aan reis en verblyf.”

One Response to Misdaad Kelder 2010 Wereld-Beker Syfers!

  1. corrie moekotte

    Maart 7, 2010 at 4:17 pm

    Wij willen ook gaan, maar we worden inderdaad afgeschrikt door het hoge misdaadcijfers en de buitensporig hoge kosten.