Subscribe by Email

Minstens nege mense sterf in ‘n aanval in Duitsland

munich‘n Agtienjarige man van Duits-Iranse nasionaliteit het minstens nege mense doodgeskiet en sestien gewond in ‘n winkelsentrum in die Duitse stad München voor hy homself om die lewe gebring het. Hy het vermoedelik op sy eie opgetree en sy motief is nog nie duidelik nie. Dit is die derde aanval op burgerlikes in Wes-Europa binne ag dae. Kanselier Angela Merkel sê die moontlikheid van ‘n verband met terreur kan nie uitgesluit word nie. Die buurland, die Tsjeggiese Republiek, het na die voorval aangekondig dat hy grenssekerheid verskerp.