Subscribe by Email

Minister Faith Muthambi vergader met ANC-bestuur oor die SAUK

stFaithy-28-06-2014-16-06-05-790-Die minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, vergader vandag met die ANC se senior bestuur in Luthuli-huis in Johannesburg. Sy is ontbied om terugvoering te gee oor die huidige toestand binne die SAUK en gaan na verwagting aangesê word om op te tree teen die SAUK-raad. Die voorsitter van die party se subkomitee op Kommunikasie, Jackson Mthembu, het verlede week uitgevaar teen onlangse redaksionele veranderings by die openbare uitsaaier.