Subscribe by Email

Minder ontginbare olie in Alaska

Alaska olieboor

Alaska olieboor

Die hoeveelheid ekonomies-ontginbare olie in Alaska is aansienlik minder as wat met ‘n opname in 2003 beraam is, blyk uit die jongste ontleding deur die Amerikaanse Geologiese Opname-eenheid (USGS).
In ‘n verslag meld die USGS dat nuwer ontledings aangedui het dat baie van die potensiële oliebronne wat geïdentifiseer is, geblyk het gasdraend te wees.
Volgens die jongste ontleding is 273 miljoen vate onontdekte olie ekonomies ontginbaar teen ‘n ru-olieprys van $72 per vat, terwyl 500 miljoen vate teen $90 per vat ontginbaar is. Hierdie beramings sluit nie die reeds ontdekte maar onbenutte reserwes in die Noord-ooste van die gebied in nie.
Die USGS wys ook daarop dat triljoene kubieke meter gas ontginbaar is teen ‘n prys van $10 per duisend kubieke voet.
Omdat daar nie nou ‘n pyplyn na die noordelike helling van Alaska is nie, verwag die USGC daar sal ‘n 10 tot 20 jaar vertraging wees tussen ontdekking en lewering.