Subscribe by Email

Miljoene vir Irma Stern skildery

Tiger Lilies
‘n Skildery van die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Irma Stern, sal na verwagting miljoene rand haal op ‘n veiling wat Maandag in Kaapstad gehou word.

Volgens die kunstetydskrif, Art Times sal die skildery “Tierlelies” vir tussen ses en nege miljoen rand van die hand gesit word.

Meer as 270 kunswerke, insluitend Pierneef skilderye, sal in twee sessies onder die hamer kom.

‘n Ander skildery van Stern, ” ‘n Stillewe van ‘n Afrika Vrou” is onlangs in Londen vir meer as 17 miljoen rand verkoop. Stern is een van die wêreld se top vroue skilders.