Subscribe by Email

Miljoene mense steeds onder dwangarbeid en is seksslawe

Byna ‘n miljoen mense in die lidlande van die Europese Unie is aan dwangarbeid onderhewig, aldus ‘n verslag van die VN se Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) wat vandag uitgereik is. Maar in Afrika gaan dit veel erger.

Volgens die ILO kom die sowat 800 000 mense in die EU neer op 1,8 persone per 100 000 van die bevolking.

Sowat 30 persent van hierdie mense word vir seksuele bedrywe aangewend, terwyl die ander 70 persent aan gedwonge arbeidsuitbuiting onderhewig is.

Altesaam 58 persent van die persone wat so geraak word, is vroue.

In Suid- en Oos-Europa, en in die voormalige Sowjet-Unie is die uitbuiting per capita die ergste ter wêreld, naamlik 4,2 per 100 000 van die bevolking.

Volgens die ILO se jaarverslag wat onlangs uitgereik is, is die koers vir Afrika 4 per 100 000 van die bevolking, die tweede hoogste ter wêreld. Dit is ‘n totaal van 3,7 miljoen mense wat so uitgebuit word.

 

Die verslag oor die EU wat vandag uitgereik is kan gelees word by

http://www.ilo.org/brussels/press-releases/WCMS_184972/lang–en/index.htm

 

Die jaarverslag kan gelees word by

http://www.ilo.org/wcmsp5/groups/public/—ed_norm/—declaration/documents/publication/wcms_182004.pdf

 

 

Herman Toerien