Subscribe by Email

Militêre kundiges na Burundi te stuur

pierLeiers op die beraad van die Afrika-unie in Sandton, Johannesburg, het ingestem om militêre kundiges na Burundi te stuur nadat die land die afgelope tyd deur geweld geskud is oor president Pierre Nkurunziza se omstrede besluit om vir ‘n derde termyn te staan.

Die AU se vrede- en veiligheidskommissaris, Smail Chergui, het aan verslaggewers gesê hulle hoop om minstens 50 kundiges te ontplooi.

Burundi se verkiesingskommissie het Vrydag al agt presidentskandidate – insluitend Nkurunziza en sy belangrikste teenstander, Agathon Rwasa — vir die verkiesing goedgekeur.