Subscribe by Email

Mickey Arthur gaan Pakistan se nasionale span afrig

mickey-arthur-fileDie voormalige afrigter van Suid-Afrika en Australië, Mickey Arthur, is aangewys as Pakistan se nuwe afrigter nadat Waqar Younis na die Twintig20-wêreldreeks bedank het. Pakistan se krieketraad sê Arthur sal na verwagting teen die einde van die maand by die span aansluit. Om Pakistan af te rig word beskou as een van die moeilikste take in internasionale krieket omdat die spelers kort-kort in geskille betrokke raak. Waqar het verlede maand bedank na die span se swak vertoning in Indië.