Subscribe by Email

Michel Platini kondig aan dat hy bedank as hoof van Uefa

UEFA President Michel Platini arrives to a press conference during his visit to Macedonia's capital Skopje on March 4, 2009. Platini announced that UEFA will donate 2.8 million Euros for a national training camp and new home for the Macedonian Football Federation. AFP PHOTO / ROBERT ATANASOVSKI (Photo credit should read ROBERT ATANASOVSKI/AFP/Getty Images)

Michel Platini het aangekondig dat hy gaan bedank as president van die Europese sokkerbeheerliggaam Uefa nadat sy appèl teen sy skorsing uit die sport in die Sport-arbitrasiehof misluk het. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het hom vroeër vir ses jaar geskors oor ‘n verdagte betaling wat hy ontvang het. Die hof het wel die skorsing tot vier jaar verminder. Die sestigjarige Fransman sê hy is uiters
teleurgesteld oor die beslissing, maar sal op Uefa se volgende kongres bedank.