Subscribe by Email

Metropolisie-lid word geskiet tydens ‘n betoging in Durban

shootKwaZulu-Natal se polisie hou die toestand dop in Inanda, Durban, waar ‘n lid van die eThekwini-metropolisie in die mond geskiet is tydens betogings wat gister losgebrand het. Hy is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem. Inwoners is ongelukkig oor die manier waarop die Onafhanklike Verkiesingskommissie die verkiesing in die wyk hanteer het. Die betogers is blykbaar ondersteuners van ‘n onafhanklike kandidaat.