Subscribe by Email

Mense word beseer tydens Wits-studente se betoging in Johannesburg

3_21Verskeie studente van die Universiteit van die Witwatersrand is in hegtenis geneem toe hulle betoging teen fooie na die strate van Braamfontein in Johannesburg oorgespoel het. Die onlustepolisie het hulle met skokgranate en traanrook na die kampus probeer terugdwing. Een van die studente, Zainub Patel, het aan eNCA gesê sy is in die voet geskiet en toe in hegtenis geneem al het sy deurentyd haar hande in die lug gehou het. ‘n Polisielid is ook beseer.

Solidariteit sê hy is bekommerd dat die gebrek aan optrede deur die Universiteit Pretoria se bestuur bydra tot die feit dat ‘n klein groepie ontwrigtende elemente die veiligheid van ander studente en personeellede bedreig. Woordvoerder Johan Botha sê die instelling is verplig om veiligheid op kampus te verseker.

Tukkies se bestuur het bevestig dat hy begin het om studente te skors wat aan onwettige betogings deelgeneem en lesings ontwrig het. Die Universiteit Stellenbosch het volgens berigte vroeër elf van 31 studente geskors teen wie ‘n interdik bekom is weens die betogings. Bestuur kon nog nie dié berig bevestig nie.

One Response to Mense word beseer tydens Wits-studente se betoging in Johannesburg

  1. Thea Grobler

    September 22, 2016 at 10:46 am

    Regering sal NOU DRASTIESE STAPPE moet NEEM om einde te maak aan hierdie volk wat geen verantwoordelikheid het oor alles wat hul verwoes nie. Laat hulle gaan werk en betaal vir al die “SKADE”

    Jong leerlinge wat die REG in EIE HANDE neem….Waarom???