Subscribe by Email

Mense hoef nie bekommerd te wees nie

28SWINE-FLUE-copyDie Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement sê mense hoef nie bekommerd te wees oor die jongste uitbraak van varkgriep in die omgewing van George in die Suid-Kaap nie. Meer as twintig mense is reeds behandel vir die H1-N1-virus. ‘n Dokter en kliniekbestuurder van die diens Walk-in Doctor George, Marcelle Herbst, sê haar praktyk het meestal kinders onder twee jaar behandel wat ‘n verswakte immuunstelsel het. Volgens die departement is daar oral in die provinsie medisyne teen varkgriep beskikbaar.