Subscribe by Email

Mense het geskreeu soos die hel.

Grusame skok met die Moskou treinbomme.

Moskou: – Twee vroulike selfmoord bomaanvallers het die dood van ten minste 37 mense veroorsaak asook ongeveer 38 mense beseer op twee volgepakte metro treine, tydens spitstyd.

Geskokte pendelaars het oormekaar geval in die digte rook in hul haas om te ontvlug na die ontploffings.

Russiese owerhede beskou hierdie aanval as die ergste in 6 jaar. Geen groep het nog amptelik verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie aanval nie.

Die eerste ontploffing was vanoggend net na 8:00 by die Lubyanka stasie, waar dit die dood van 23 mense veroorsaak het, en 40 minute later het die tweede bom ontplof by die Kultury Park metro stasie, met ongeveer 14 mense wat dood is.

Moskou se burgermeester Yuri Luzhkov het verklaar dat forensiese toetse getoon het dat die bomdraers vroulik was.

“Ek was in die middel van die trein wanneer êrens in die eerste of tweede kompartement ‘n harde slag afgegaan het. Ek kon die vibrasies deur my liggaam voel vibreer,” het ‘n onbekende man wie op die trein was by Kultury vertel via ‘n  nuusagentskap in ‘n video onderhoud.

“Mense was gegil soos hel,” het hy gesê.

Tsjetsjniese seperatiste word blameer vir die aanval, waar die rebelle leier Doku Umarov, wie baklei vir ‘n Islam staat in die Noordelike Caucasus streke, gedreig het om die “oorlog” na Russiese stede te neem, volgens ‘n onderhoud wat gepubliseer was op die Islam webtuiste by www.kavkazcenter.com