Subscribe by Email

Mensdom gebruik spiespunte al langer as voorheen gemeen

In ‘n nuwe studie waaraan ook Suid-Afrikaners deelgeneem het, is vasgestel dat die mens reeds ‘n halfmiljoen jaar gelede klippunte vir hul spiese gebruik het. Dit was reeds bekend dat die moderne mens en die Neandertal reeds 300 000 jaar gelede klippunte vir hul spiese gebruik het, maar nou lyk dit of die Heidelbergmens, die waarskynlike voorouer van beide spesies, ook reeds die kuns bemeester het.

Hoewel die studie deur ‘n span van die Universiteit van Toronto gelei is, het Kyle Brown van die Universiteit van Kaapstad ook deelgeneem. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronneagentskap en die McGregormuseum in Kimberley het ook logistieke ondersteuning verskaf.

 

 

Herman Toerien