Subscribe by Email

Memorandum aan die Departement van Onderwys

160902sanssouci-jpgAmptenare van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys sal na verwagting vandag ‘n memorandum van leerders by die Sans Souci hoër meisieskool ontvang. Daar was verlede week aantygings van rassisme by die skool en ‘n groep leerders dring daarop aan dat die skoolhoof uittree en die skool se hare- en taalbeleid verander word. Die LUR vir Onderwys, Debbie Schafer, het versoek dat die skoolhoof, Charmaine Murray, nie vandag moet werk nie en dat ‘n nuwe gedragskode teen die einde van die maand deur die skool se beheerraad aanvaar word.