Subscribe by Email

Meer regse beweerde terroriste in hegtenis na klopjagte

Dosyne handgemaakte wapens, plofstof en ammunisie is deur ’n spesialis ondersoekeenheid van die polisie gevind op verskillende plotte en huise naby Pretoria tydens klopjagte die afgelope 10 dae. Hierdie klopjagte is na bewering deel van ’n groter ondersoek deur die Valke en Staat Intelligensie dienste teen regse terroriste aktiwiteite.

Die klopjagte was uitgevoer in die Boschkop, Bronkhorstspruit and Hartebeespoort areas. Dit het gevolg op die inhegtenisnemings van vyf mans, Georges Kiratzidis, 21, Martinus Christopher Vorster, 19, Francois Rufus Louw, 22, Andre Stroh, 21, and Francois Vos  in Phalaborwa twee weke gelede ook vir regse terroriste bedrywighede.

Tot op hede was daar bitter min mense wat bewus was van die klopjagte in die Pretoria gebied. In die klopjag op ’n plot naby die Nuclear Energie Korporasie van Suid-Afrika se kantore by Pelindaba was ’n hele aantal tuisgemaakte handgranate gevind en een persoon is in hegtenis geneem. In die Boschkop, Bronkhorstspruit areas is daarna nog meer mense in hegtenis geneem.

Die polisie weier om enige kommentaar te lewer oor hierdie jongste klopjagte, aangesien dit nog op ’n sensitiewe ondersoek stadium is. Volgens ’n bron van Pretoria News het nie een van die wat gevang is in hierdie Pretoria klopjagte al in enige hof verskyn nie. Dit is dus nie duidelik hoeveel mense presies gevang was, wanneer hulle in ’n hof gaan verskyn, of wat die presiese aanklagte teen hulle is nie.