Subscribe by Email

Meer kerkgangers in Sjina as in Europa

Sjina het moontlik tot 600 miljoen, of selfs meer, Christene, volgens analiste.

Die Sjinese regering beskerm die wetlike regte en belange van Christene in die land…

So lui van die heftige reaksie uit die geledere van kerke wat by die Sjinese owerhede geregistreer is, in reaksie op ‘n Amerikaanse verslag deur die departement van buitelandse sake wat die onderdrukking van die Christelike godsdiens in Sjina met dié van Noord-Korea, Soedan, Eritrea, Iran en ‘n paar ander lande vergelyk. Dit maak deel uit van ‘n verslag wat godsdiensvryheid in lande dwars oor die wêreld ontleed.

Volgens die verslag het die owerhede in Shina in ‘n jaar 500 Protestante toegesluit, verskeie plekke van aanbidding vernietig, en ‘n paar Rooms-Katolieke priesters agter tralies laat beland omdat hulle nie by die owerhede wou registreer nie.

Oor Suid-Afrika meld die verslag dat godsdiensvryheid oor die algemeen deur die staat gehandhaaf word. Daar was egter gevalle waar gemeenskappe wel teen mense op grond van geloof gediskrimineer het, en daar was selfs gevalle waar mense wat daarvan verdink is dat hulle hekse is, verbrand is en dood is.

Die VSA hanteer hierdie kwessies as deel van sy deurlopende diplomatieke gesprekke met Suid-Afrika.