Subscribe by Email

Meer inligting nou bekend rondom die Mandela aanval.

Zindize Mandela

Die polisie het bevestig dat hulle ‘n aanval op die voormalige president, Nelson Mandela se dogter, Zindzi en ander familie-lede ondersoek.

‘n Polisiewoordvoerder, Govindsamy Mariemuthoo sê die aanval het Sondag plaasgevind toe die familie tuis gekom het, na die Mandela-dag vierings. Mariemuthoo sê die bestuurder het die kinders huis toe geneem toe hulle deur twee onbekende mans genader is. Hulle is beveel om op die grond te lê, maar toe het die aanvallers op die vlug geslaan.

Die aanvallers het egter teruggekeer,  en die motorbestuurder en kinders deursoek. Die motorbestuurder beweer een van die aanvallers het ’n skoot geskiet, waarop hy teruggeskiet het, waarna die aanvallers weer gevlug het.

’n Misdaad dossier is egter eers teen Woensdag oopgemaak. Die polisie ondersoek nou ook waarom die dossier nie onmiddelik geopen was nie.

Niks is gesteel nie en niemand is beseer nie.

2 Responses to Meer inligting nou bekend rondom die Mandela aanval.

  1. Hettie

    Julie 30, 2010 at 1:17 pm

    Misdaad gaan nie meer oor wit of swart nie. Misdaad is misdaad, wie en wat jy ookal is

  2. Melanie Vandermeer

    Julie 23, 2010 at 12:24 pm

    Wanneer gaan iemand aan ons begin dink? Jammer ons is wit, dit is nie te te se ons is rasisties! Jou famielie het goed daarvan afgekom…..kry koue rillings as dit my famielie was…..seker foto`s wat op Farm Murders in South-Africa sou wees! Doen asseblif iets aan die probleem. Jy het invloed gehad probeer die bietjie wat jy oor het gebruik om hierdie siek storie te stop. Hoeveel haat kan daar in een land wees? Ons is almal net mense en het genoeg gehad!